Dit is moeilik om die leefwereld van die Alzheimerpasient te verstaan. Hier is ‘n paar wenke wat Alzheimerlyers met ons wil deel:

 

  • Ek voel aan as iemand gespanne of kwaad is gedurende ’n gesprek met my.
  • Dit is gerusstellend as jy glimlag as jy met my praat.
  • Praat asseblief stadig. My brein volg dan makliker.
  • Gebruik asseblief kort sinne. Ek hanteer dit makliker.
  • Gee vir my tyd na elke sin, sodat my brein jou woorde kan verwerk.
  • Wees geduldig, sodat ek die pas van die gesprek kan aangee.
  • Maak seker dat jy my aandag het voordat jy praat.
  • Gee vir my ruim tyd om te antwoord.
  • Wees geduldig as ek weer en weer vra, want ek vergeet maklik die antwoord.
  • Moenie met my praat soos met ’n kind nie.
  • Kyk na my as jy praat, oogkontak is vir my nodig.
  • Vra vir my of ek jou duidelik kan hoor.
  • Dit verwar my as jy my onderbreek terwyl ek met jou praat.
  • Wees asseblief geduldig met my as ons in gesprek is.
  • Moenie ophou om met my te gesels nie. Dit is al kontak wat ek met die wêreld het.