My Boek

ELISE NEL

Op die agterblad word hierdie boek deur Barend Vos soos volg opgesom:

“’n Roerende vertelling van ’n vrou se lewe saam met haar eens begaafde man … intiem en aangrypend.”

Dié persoonlike reis neem die leser vanaf die eerste tekens van Alzheimersiekte tot by die laaste tree. Al is alle pasiënte se simptome nie presies dieselfde nie, word die algemene verloop van die siekte so duidelik beskryf dat dit beslis vir elkeen wat meer wil weet, tot hulp kan wees.

“Ons Raaiselpad met Alzheimersiekte” lewer ‘n belangrike bydrae: dit gee lesers ‘n geleentheid om deur die oë van die Alzheimerlyer na die wêreld te kyk. Ware gebeure word eerlik weergegee en laat vele mites oor die siekte tuimel.

Die drie hoofstukke aan die einde van die boek bevat ’n lys van simptome, wenke aan die versorger en wyshede wat ek deur die moeilike ondervinding geleer het.

ons raaiselpad met alzheimersiekte

Bestel aanlyn

ons raaiselpad met alzheimersiekte

Beskikbaar by:

BARGAIN BOOKS

WORDSWORTH

LUX VERBI